Roosterkoek maak is nie net ‘n resep nie . Dis ‘n proses van emosionele skoonmaak, bepeinsing, ontlading, skep en heelword.
( See English version below)
Roosterkoek maak is nie net ‘n resep nie . Dis ‘n proses van emosionele skoonmaak ,bepeinsing , ontlading, skep en heelword .
Brood is sielskos en trooskos, en deur die voorbereidingsproses kom ‘n mens tot nuwe insigte deurdat jy geleentheid kry om van negatiewe emosies ontslae te raak en plek te maak vir nuwe positiewe gevoelens .
Roosterkoeke is op hulle beste op ‘n sonnige dag, maar met ‘n bietjie kreatiwiteit sal hulle net so heerlik wees op ‘n tipiese -2 grade Celsius wintersoggend . Al wat jy benodig is ‘n kaggel , ‘n fris glas sjerrie en baie frustrasies – want hoe meer jy knie , hoe lekkerder is jou deeg…. In die somer het ‘n mens slegs die sjerrie nodig , die son doen die res.
Dan kry jy gereed :
2 k koekmeel
2t kitsgis
2t sout
1t suiker
575 ml lou tot warm water
Meng meel ,sout , suiker en gis in ‘n skottel. Terwyl jy dit in die skottel meng, roer jy jou frustrasies ,hartseer , verlange , vreugdes , drome , aspirasies en ook alles waaroor jy vies is in die skottel.
As jy verlang na jou hanslammers wat jy moes speen , wonder wat om met jou een blinde hoender te doen wat nog steeds getrou elke dag ‘n eier le , of as jy opgewonde is oor jou kroos een van dae weer al 3 gelyk onder jou dak sal wees of sommer net opgewonde is oor jou kuiermense of oor jy vanoggend sonder ‘n seer skouer of ‘n seer heup opgestaan , dan meng jy dit ook daarin . Nou sit jy met ‘n skottelvolpositiewesowel as negatiewegedagtes .
Volgende kom die water by . Lekker louwarm water. Water wat meng , wat skoonmaak , wat jou laat
ontspan en wat streel . Water wat kwadegevoelens laat oplos, hartseer afspoel en plek maak vir
nuwe lewendige energie .
Dan gaan ons knie . Hou die skottel stewig aan een oor vas. Vou die deeg telkens na die middel en
druk dit saam met jou vuis . Draai skottel telkens in die rondte . So verwar jy al die negatiewe
emosies deur hulle te laat meng met die nuwe mooies . Hoe vinniger jy draai en druk hoe vinniger
verloop die vernuwingsproses .
Nou het jy ‘n slukkie sjerrie nodig , want uiting gee aan jou diepste emosies is nie vir sissies nie . Jy
vat met die eerste draai van die skottel al die dinge wat jou kwaadmaak bymekaar en druk hulle
sommer diep tot heel onder in die skottel . Draai weer die skottel , vou in en druk . Nou druk jy weer
mooi en goeie dinge bo -op al die negatiewes. Soos wat die draai en druk vorder , sal jy merk dat jy
veel meer mooi, positiewe en rein gedagtes op die oppervlak van jou skottel kry . Nou sal dit weer
tyd wees om ‘n sluk sjerrie te neem – net van pure verligting .
Sodra jy sien dat jou hand deegvry raak en die skottel al hoe skoner raak dan weet jy jou terapie
sessie is byna verby en kan jy seker wees van goeie dinge wat volg . Dis nou ook weer ‘n goeie tyd vir
‘n sluk sjerrie want jou hande sowel as jou skottel is byna silwerskoon ! Bedek jou skotteltjie met
Glad Wrap of ‘n stukkie plastiek voordat jy dit toedraai in ‘n groot handdoek/ kombersie.As jy bang is
jou kosbare positiewe emosies op die oppervlak van die deeg klou aan die plastiek vas, kan jy die
degie saggies bedek met so teelepel olie om die oppervlak kleefvry te maak .
As jy ‘n mooi gladde elastiese balletjie deeg in jou skottel het – staan terug en bekyk hom . Neem ‘n
sluk sjerrie en sê : “ Cheers ! Op beter dae ! “
Nou kan jy vir jouself asook jou skotteltjie deeg ‘n snoesige plekkie vind. Soos wat jou sjerrie glas nou
verder “ verdamp , sal die negatiewe emosies in die skottel ook plek maak vir ‘n verhoging in
positiewe energie en rysgate sal vorm en gevul wees met vreugdes, vergewing , optimisme en
dankbaarheid. Laat rys die deeg tot dubbel in grootte terwyl jy met ‘n nuwe huppel in jou stap jou
ander plaaswerkies rondom die huis verrig .
Vra vir die Pappa om ‘n warm vuurtjie gereed te kry of voorverhit oond tot 200 “ C en smeer die
bakplaat met margarien .
Dan gaan haal jy trots jou skottel vol blydskap en sit dit met groot fanfare op die tafel neer . Jy hoef
verder nie ‘n woord te uiter nie . Skink bloot vir jou nog ‘n ietsie klein (maar lekker ) in ‘n glas en
plaas dit onopsigtelik langs die skottel neer . Dan lyk dit asof dit jou eerste glasie van die dag is .
Jy voel geensins meer kwaad of mismoedig nie maar ‘n mens bly mos maar dors ….
Nou hanteer jy jou bondel vrolikheid saggies en versigtig dat dit nie weghol of uitstort nie .
Jy deel jou deeg in 2 , dan in 4 , dan in 8 , dan in 12 – 16 kleine balletjies wat jy ewe vermaaklik op ‘n
meelbestrooide plank / skinkbord uitpak. Jy kan dit ook rol en saggies platter druk om dit vierkantig
te hou. Nes jy verkies . Nou kan jy maak net wat jy wil – want jy is weer HEEL . Op die stadium kan jy
maar weer ‘n sluk of twee van jou lafenis vat, want jy staan mos nou naby ‘n warm oond of nog
erger ‘n warm oop vuur … !
Pak dit vinnig een vir een op die fyn rooster bo die warm kole uit, sodat die deeg en al die
goedvoel emosies nie deur die gaatjies vd rooster klouter nie . Draai een vir een om voordat die
deeg te veel wil bokspring deur die gaatjies . Baktyd ongeveer 15 minute .
Geniet saam met ‘n vleisie met botter of sonder ‘n vleisie met botter ,konfyt en kaas – en sjerrie .
English Version ( Roosterkoek met sout)
Making Roosterkoek is not just about following a recipe. It’s a process of emotional cleansing , pondering , release, creation and healing.
Bread is soul food and comfort food. Throughout the preparation process you will find new insight because you have the opportunity to rid yourself of negative emotions and to make room for new positive feelings.
Roosterkoeke are at their best on a sunny day but with a bid of creativity they will be as delicious on a chilly Winter morning. All you’ll need is a fire place, a solid glass of sherry and lots of frustrations – because the more you knead, the more delectable your dough will be…. In Summer you just need the sherry and the sun will do the rest.
You’ll need :
2 c cake flour
2t instant yeast
2t salt
1t sugar
575 ml lukewarm to warm water
Mix flour, SALT, sugar and yeast in a dish. While you’re mixing everything together, also throw your frustrations, heartache, longing, joys, dreams, aspirations and everything you’re angry about into the mix.
Whether you miss your orphaned lamb that you had to teat , wonder what you’re going to do with your loyal one eye chicken that still lays one egg daily, or if you’re excited because all three your children will soon be under your roof all at once or whether you’re just excited about dinner guests or the fact that you woke UP this morning with no pains and ails, mix in these emotions as well. Now you have a dish full of negative and positive emotions.
Now you add the lukewarm water. Water that binds, cleanses, makes you feel relaxed and solves all your anger. Water that rinses all the heartache and makes room for new lively energy!
Then we start kneading. Hold the dish tightly on one end, fold the dough towards the centre and squash it together with your fist. With each movement of the fist, rotate the dish. This is how you confuse all the negative emotions by mixing them with the new beautiful energy. The quicker you rotate and compress, the quicker you start the process of renewal.
Now you have to take a sip of sherry because ridding yourself of your deepest emotions is not for the faint hearted. Keep kneading and with each fist that you press into the dough; leave behind your worries and your fears and everything that you cannot control. Take another sip of sherry out of relief.
As soon as you can see that the dough is no longer clinging to your hand and the dish is getting cleaner, then you know your therapy session is coming to an end and you can be assured that only good things are on their way to you. It’s also a good time to take another sip of sherry because both your hands and your dish are squeaky clean!
Cover your dish with Glad Wrap or a pièce of plastic before you wrap the whole dish in a big towel/blanket. If you’re afraid that your treasured positive emotions at the top of your dough will cling to the plastic, you can cover the dough with a teaspoon of oil on the surface.
When you’re standing back and looking at your beautiful ball of dough, take a big sip of sherry and cheers to better days! Leave the dough to rise somewhere in a warm corner of your home until it has doubled in size.
Ask Pappa to make a fire or heat the oven to 200 degrees C and butter your baking pan with margarine/butter. Then you fetch your dish filled with happiness and pride and put in on the table with a big fanfare. You don’t have to say another word. Just pour yourself a small drink and put it down next to the dough so everyone will think it’s your first drink of the day.
Handle your dough with care and half the big ball into two portions. Half each portion systematically until you have 12-16 little balls that you can pack onto a floured surface or tray. You can also roll the dough and press it down softly to keep a square shape. Now you can do whatever you like because you are whole again! At this stage you can have another sip or two of your drink because you’ll be standing next to a warm oven or fire.
Quickly pack the balls onto the fine grill and turn them over one by one so the dough doesn’t escape. Bake for approximately 15 minutes.
Enjoy your finished product with braaivleis and butter. Or you can skip the meat entirely and eat it with butter and jam and (you guessed it!) a glass of sherry.